Skip to main content

Posts

Featured

10 Jaar Se Harde Kou

My pa het 'n ou, hemelblou Ford Cortina met 'n swart dak gehad. Dit was nog die model wat met ronde hoofligte uitgebring is, nie die byderwetse vierkant-oë wat in latere jare te voorskyn gekom het nie. Die agter-sitplekke het meer strooihalms uit duiwemandjies as sitplekgordels gehad; deels omdat meer duiwemandjies as mense in daardie deel van die kar gery het, deels omdat agter-sitplekke in daardie dae sonder sitplekgordels ontwerp is. Die kar het 'n unieke dreun gehad. Ek onthou hoe ek die diep dreuning van ver of kon hoor as hy saans laat van die kantien af om Hattinghstraat se hoek aankom. Die klank het my soms aan die lied  "En hoor jy die magtige dreuning..." laat dink. Daar was iets fout met die uitlaatpyp wat dit laat klink het of 'n Harley onder 'n Spitfire vasgemaak is en knaend om hulp skree. Later het die magtige dreuning die hele uitlaatsisteem laat rattle  om 'n nuwe versie by 'n ou lied te voeg. En tog het ek een nag deur die bekend...

Latest posts

As Die Wind Waai

Blommetjies en Booster Shots

Vinger In Die Hol

'n Kaapse Taxi

Die Boekrak

Osbloed en die Kinderbybel

Kaptein Bul

Rosyntjies bly my baas

Fietsry (Deel 1)

3 Desember